Twintig Jaar

Twintig jaar klink soos ‘n astronomiese lang tyd, maar toe ek jou vir die eerste keer weer sien eergister het dit nie so gevoel nie. Die oomblik wat jy ingery gekom het, het ek besef, dit was net die ander nog wat ek en jy op daardie ou motorfiets van my rondgery het. Net gister nog wat ons deurnag het langs die renbaan in die middel van die bosveld. Maar dit was nie, en daardie twintig jaar tussenin, wel, dit het baie dinge seker verander ook.

In die twaalf jaar sedert ek jou laas gesien het, het beide van ons getrou, nie een van ons kinders gehad nie maar, eerder as om te treur, het ons ander drome gebou en daarin gegroei. Ons dra die letsels van daardie tyd, maar, dan weer, wanneer het ons nie die letsels gedra nie.

Ek is trots op jou. Na alles waardeur jy is het jy steeds jou hart oopgehou en aangehou glimlag. Ek is trots op jou want jy is nog hier, besig om die beste te maak van wat jy het en dit, op sy eie, is iets om op trots te wees, geinspireerd te wees. Ek is lief vir jou en ek kan nie wag om te sien hoe jou toekoms ontvou nie want ek weet jy gaan amazing wees in watookal dit is wat jy kies om te doen. Ek weet jy gaan ‘n verskil maak en ek weet alles gaan uitwerk in die einde.

Ek sien nog in jou glimlag daardie vyvtien-jarige meisie wat rebelleer het teen alles en almal om haar, ek sien die negentien-jarige jong dame wat haar hart gevolg het en haar huis prysgegee het om dit te doen, ek sien nog die selfvoldane vrou wat opgestaan het toe haar lewe op twee-en-twintig-jaar nie uitgedraai het soos wat sy gedink het nie en alles moes oor begin en ek sien jou, die produk van ‘n verdere twaalf jaar en dit, dit gee vir my hoop.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *